Ons dink: 3/5 

2012

110 min

13SG

Fantasie-romanse

In die laaste hoofstuk van die Twilightreeks raak Bella (KRISTEN STEWART) gewoond aan haar lewe as nuut gebore vampier en ma van haar en Edward (Robert Pattinson) se vinnig groeiende dogter, Renesmee, wat halfmens en halfvampier is.

Maar haar geluk is van korte duur. Die gort is gaar toe die vampierkoninklikes, die Volturi, verkeerdelik glo Renesmee is as ’n mens gebore en die Cullens het haar in ’n vampier omskep. Dié misdaad is strafbaar met die dood . . .

Die fliek begin waar die eerste deel geëindig het, en as jy ’n nuweling is, het jy baie om in te haal. Daar is minder romanse, meer aksie en genoeg kinkels om Twihards te laat naels kou. Taylor Lautner se weerwolfkarakter het van die beste sêgoed en jy sal bly wees wanneer MACKENZIE FOY die rol van Renesmee begin vertolk, want die rekenaargeskepte weergawe herinner ’n bietjie aan Chucky . . .

Die reeks het met mening begin en eindig op dieselfde noot. 

– Lara Atson