Ons dink: 4/5

1955. 100 min.

O.

Romantiese komedie.

Die Hollywood-legende Marilyn Monroe is vanjaar (op 5 Augustus) 50 jaar gelede dood. As huldeblyk word haar klassieke rolprente met digitaal opgeknapte beeld en klank nou op DVD en Blu-ray uitgereik.

The Seven Year Itch is ’n pittige, skreeusnaakse blik op ’n ou (Tom Ewell) wat sy bes doen om hom te gedra terwyl sy vrou weg is, tot ’n verleidelike model (Marilyn) langsaan intrek en sy voete onder hom uitslaan.

.

Van die ander titels wat heruitgereik word, is Gentlemen Prefer Blondes, There’s No Business Like Show Business en How to Marry a Millionaire.