Die ietwat skandalige verhouding tussen ’n ouer vrou en ’n bogsnuiter is niks nuuts in Hollywood nie. Maar in dié rolprent met Catherine Zeta-Jones (wat deesdae in die “ma-klas” val) in die hoofrol en die jeugdige Justin Bartha voel die tema soos ’n ou rusbank– bekend, maar nogtans genotvol.

Dit het baie te doen met Aram Finklestein, ons jong held wie se sagte hart en voorliefde vir Harry Potter van hom ’n uiters aangename karakter maak. En dis juis op dié opregtheid wat die 40-jarige Sandy verlief raak. Sy is geskei nadat haar man haar verneuk het en in haar eerste werk nadat sy jare lank haar twee kinders grootgemaak het.

Toe die maltrap sy dienste as kinderoppasser aanbied, aanvaar sy dit summier. Die res is, soos hulle sê, geskiedenis

. . . tot die werklikheid inskop en ’n nare verrassing die ouderdomskwessie op die lappe laat kom.

THE REBOUND

Romantiese komedie. Met Catherine Zeta-Jones en Justin Bartha.

Regie: Bart Freundlich. 2009. 91 min. 13TS.

Ons dink: 3/5