Rated: 4/5 

2012

98 min

13T

Komedie/drama

Die hoërskoollewe kan ’n marteling wees, maar hierdie fliek wys dat jy dit met ’n bietjie hulp van jou vriende kan oorleef. Die muurblom in die titel is Charlie (Logan Lerman), ’n slim, skaam en ietwat anderse seun wat swaar vriende maak. Twee seniors, die stiefsuster en -broer Sam (Emma Watson) en Patrick (Ezra Miller), neem hom onder hul vlerk en stel hom aan ’n nuwe wêreld van partytjies, meisies en pret bekend.

Dit is ’n tipiese grootwordfliek, en al is die tema niks nuuts nie, gee dit die hoogte- en laagtepunte van grootword pragtig weer. Watson, in haar eerste rol sedert Harry Potter, wys haar slag met toneelspel en Lerman kom ook tot sy reg. Maar dis Miller, as die flambojante Patrick, wat die kollig steel.

The Perks of Being a Wallflower styg bo die tipiese grootwordflieks uit. Jy kan dit geniet, selfs al is jou tienerjare lankal verby.

– PETRO-ANNE VLOK

Op soek na ’n beter prys? KLIK op die mier. pricecheck-new