Ons dink: 4/5

THE HURT LOCKER

Oorlogsdrama. Met Jeremy Renner, Anthony Mackie en Brian Geraghty.

Regie: Kathryn Bigelow. 2009. 125 min. TG.

Ons weet al almal hierdie rolprent het Avatar (met Bigelow se eks, James Cameron, as regisseur) by die Oscars uitgestof.

Dit het ses van die nege pryse gewenwaarvoor ditbenoemis, onder meer vir die beste rolprent. En Bigelow was die eerste vrou wat ’n Oscar as die beste regisseurgewenhet.

Maar dit is geen dolladrama dié nie. Dit gaan oor ’n Amerikaanse weermagspan van drie mans met waarskynlik die gevaarlikste werk op aarde.

Hulle stel tuisgemaaktebomme onskadelik te midde van die chaos van stedelike oorlogvoering in Bagdad, waar enigeen die vyand kan wees en elke oomblik jou laaste.

Wat motiveer hulle? Nie geld of patriotisme nie, maar hul verslawing aan die adrenalien van gevaar. Vir hulle “is oorlog die dwelm”. Jy bevind jou midde-in die aksie terwyl Bigelow kyk hoe elkeen die stres hanteer.

Met skitterende spel en foutlose kamerawerk en redigering is dit een van die mees realistiese oorlogsflieks nog, sonder diegewoneleë, lawaaierige heldhaftighede. Dis ontstellend, maar ’n meesleurende moet-sien-fliek.

Bonus: kortflieks, onderhoude