Drama.

Met Denzel Washington, Forest Whitaker, Denzel Whitaker en Nate Parker.

Regie: Denzel Washington.

2007. 122 min.

13GT.

Ons dink: 4/5

Denzel Washington se inspirerende, roerende regisseursdebuut is nou op DVD te kry. Oprah Winfrey het die rolprent, wat in 2007 met ’n Golden Globe bekroon is, vervaardig.

Melvin B. Tolson (Washington) is bedags ’n onderwyser en saans ’n aktivis en bring ’n debatspan op die been.

Hulle daag nie net die Amerikaanse Suide se rassistiese wette van die 30’s uit nie, hul nuutgevonde politieke bewustheid verander hul lewens.

Teen dié politieke agtergrond worstel die span se Henry Lowe (Parker), Samantha Brooke (Jurnee Smollett) en James Farmer Junior (Denzel Whitaker) met groot persoonlike probleme en al drie leer die lesse van grootword en van liefde, verlies, gelykheid en bowenal respek.

Die bekroonde Forest Whitaker vertolk ’n hoofrol as Junior se pa, maar sy eie seun Denzel blink uit as 14-jarige wonder wat op die rolprent se hoogtepunt ’n inspirerende, diepsinnige toespraak lewer.