Ons dink: 3/5

2012

135 min

13G

Aksieriller

Ná die geslaagde Bourne-trilogie met Matt Damon is hoë verwagtings gekoester van die verhaal van nog ’n agent wat deur die gebeure in daardie rolprente geraak word. Jeremy Renner is Aaron Cross, al agent wat die aanslag op sy lewe oorleef toe die regering hul duister program om supersoldate te skep, wil toesmeer. Terwyl die medisyne wat sy vermoëns moet aanhelp ál minder raak, red hy dr. Marta Shearing (Rachel Weisz), wat aan die program gewerk het. Hulle moet vlug vir die CIA omdat hulle dié twee wil uitwis.

Al is die laaste uur lekker spanningsvol met ’n paar opwindende waagtoertjies en gevegte, is dié ietwat alledaagse spioenasieriller glad nie so intelligent of skeppend soos die voriges nie. Die draaiboekskrywer Tony Gilroy hou sy lyf regisseur, maar wy te veel tyd aan vervelige dialoog tussen amptenare wat vaktaal praat. Renner is ’n goeie aksieheld, maar sy saai karakter is nie so simpatiek of boeiend soos Jason Bourne nie.

– SANDRA VISSER