Aksie-avontuur.

Met Liam Neeson, Bradley Cooper, Sharlto Copley en Quinton “Rampage” Jackson.

Regie: Joe Carnahan.

2010. 117 min.

13TG.

Ons dink: 3/5

As jy ’n aanhanger was van die TV-reeks The A-Team van die jare tagtig sal jy die rolprentweergawe met sy vinnige tempo nog meer geniet. Dit gaan oor hoe die ouens ontmoet en ’n span geword het – nog voor hulle in allerhande moeilikheid beland het.

Smith (Neeson), Peck (Cooper), Baracus (Jackson) en Murdock (Copley) is die doeltreffendste ouens in die Amerikaanse weermag.

Maar toe ’n grootkop hulle verraai en dit laat kyk asof hulle ’n misdaad gepleeg het, word elkeen na ’n ander tronk gestuur.

Om hul naam in ere te herstel moet hulle ontsnap en een van hul moeilikste sendings aanpak . . .

Die Suid-Afrikaanse Copley is die oortuigendste van die akteurs. Hy laat hom nie van stryk bring deur groot name in Hollywood soos Neeson en Cooper nie. Dis ’n moet vir aksie-avontuurslawe.

Bonus: verlengde weergawe, kommentaar.