Drama.

Met Russell Crowe, Jon Foster en Sophie Traub.

Regie: John Polson.

2009. 97 min.

13TSG.

Ons dink: 2/5

Eric (Foster), ’n jong reeksmoordenaar, word uit ’n jeugtronk vrygelaat en vertrek saam met ’n tienermeisie met probleme (Traub) op ’n ontstellende motorreis.

’n Polisieman (Crowe) agtervolg hulle, want hy glo Eric gaan weer moor, maar tussendeur versorg hy ook sy vrou wat in ’n

koma is.

Die fliek gaan nou wel oor ’n reeksmoordenaar, maar daar is geen bloed en derms nie. Die stadige kronkelpas herinner aan flieks soos The Thin Red Line wat op karakterisering gefokus het.

Eric is ’n tydbom en sy stil intensiteit laat die spanning opbou, sonder dat dit juis breekpunt bereik.

Dit is ’n raaisel waarom daar so min van Crowe te sien is in ’n fliek met minder bekende akteurs in die hoofrolle. Die

onnodige gedraal maak dit moeilik om belangstelling te behou.

En al bied die fliek ’n nuwe blik op ’n geykte karakter, maak die talmende pas en karige dialoog dit vervelige kykstof.