Drama.

Met Karen Zoid, Marié du Toit, Shaleen Surtie-Richards, David Rees en Adrian Alper.

Regie: Bromley Cawood.

2010,

100 min. O.

Ons dink: 3/5

DIS die storie dié van ’n meisiekind met ’n groot droom en ’n groot stem op ’n klein Karoo-dorpie. Danksy hope humor en vars, eerlike vertolkings is hierdie half voorspelbare verhaal lekker vermaak – ’n goedvoel-fliek in Afrikaans soos ons nog selde gesien het.

Goed halfpad deur die fliek besef jy eers die aktrise wat Rebecca Dreyer se groot agterstewe so bedrewe vol sit, is die sangeres Karen Zoid.

Sy het vir die fliek ’n spesiale vetpak gedra om haar ’n hele paar rokgroottes groter te maak en haar blonde hare is bruin gekleur.

Maar as jy die fliek wil kyk net om Zoid te sien sal jy teleur­gesteld wees. Karen word Rebecca.

Selfs toe sy op die verhoog wegtrek met ’n wilde weergawe van Johannes Kerkorrel se Sit dit Af – een van die snaaksste fliektonele in Afrikaans die afgelope jaar – is daar van die rockchick Zoid geen teken nie.

Bonus: kortfliek; Bamboesbos gesing deur Jakkie Louw.

WEN een van vyf geskenkpakke wat uit drie DVD's bestaan

Nu Metro gee vyf geskenkpakke weg, elk met ’n DVD van ­Susanna van Biljon, Die Ongeloof­like Avonture van Hanna Hoekom en Egoli: Die Movie.

SMS die naam van die streek in SA waar Susanna van Biljon afspeel, jou naam en adres voor 30 Desember om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd