Komedie.

Met Albert de Villiers, Angelique Pretorius en Gerhard Odendaal.

Regie: Willie Esterhuizen.

2010. 93 min.

16TNS.

Ons dink: 3/5

As jy van Jack Parow en Die Antwoord hou, sal jy heel moontlik ook van hierdie fliek hou. Soos die regisseur Willie Esterhuizen se vorige flieks, Poena Is Koning en Vaatjie Sien Sy Gat, is dit ’n moewie aan die zef kant.

Die karakters vloek gereeld onder en bo die belt in. En al is die gewoel tussen die lakens mak vergeleke met dié in Hollywood-flieks, voel dit stouter omdat dit in Afrikaans gebeur.

Vet Vaatjie Visagie (Odendaal) en sy gesin, Mollie, Wors en Blapsie, keer terug. Vaatjie en sy nuwe beste pel, Hardus Vogel (De Villiers), is heeltyd in die moeilikheid, veral oor hul onbeteuelde luste.

Ene Petro (Pretorius) jaag Hardus se hormone op en met haar aan sy sy en allerhande booswigte op hul spoor, begin die poppe dans . . . O ja, Gigi van Survivor-faam wys ook gereeld haar bates.

Van politieke korrektheid en kuisheid is hier geen sprake nie; net breinlose ontvlugting.

WEN Tien lesers kan elk DVD’s van Stoute Boudjies, Poena Is Koning en Vaatjie Sien Sy Gat wen.

SMS die voornaam van die regisseur van die rolprente, jou naam en adres voor 7 April om 17:00 na 34922. Die borg is verantwoordelik vir die lewering van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.