Animasie.

Stemme: Mike Myers, Eddie Murphy, Cameron Diaz en Antonio Banderas.

Regie: Mike Mitchell.

2010. 89 min.

OG.

Ons dink: 3/5

Terwyl die eerste Shrek-fliek dadelik ’n klassieke rolrent was, het baie mense die tweede en derde aflewering teleurstellend gevind.

Maar in die vierde en laaste fliek is die groen monster weer op sy stukke en die reeks eindig op ’n hoë noot.

Shrek beleef ’n middeljarekrisis en is moeg daarvoor om ’n huis-like gesinsman te wees. Repelsteeltjie bied aan dat hy weer vir ’n dag soos ’n regte monster kan leef, maar in ruil daarvoor sal ’n dag uit sy kinderjare uitgewis word.

Maar dinge verloop nie volgens plan nie.

Dit lyk asof Fiona nie weet wie hy is nie en nie van hom hou nie; hy het nie kinders nie; Donkie is eienaardig en die Gestewelde Kat vet. Hoe sal Shrek weer sy wêreld regruk?

Al is daar minder verwysings na sprokies, sal kinders dit net so vermaaklik vind soos die eerste Shrek, en dit sal ouers ook boei.

Bonus: kommentaar, kortflieks, uitgesnyde tonele.