Romantiese komedie.

Met Jay Baruchel en Alice Eve.

Regie: Jim Field Smith.

2010. 101 min.

16T.

Ons dink: 3/5

Kirk (Baruchel) is ’n vaal 25-jarige bagasiehanteerder op ’n lughawe en sy droom om ’n vlieënier te word het lankal vervaag.

Wat seksuele aantrekkingskrag betref, gee hy homself net vyf uit 10 – iets waaraan sy vriende en atletiese broer hom gedurig herinner. Hy verlang steeds na die meisie wat hom twee jaar tevore die trekpas gegee het.

Dan ontmoet hy die beeldskone, saggeaarde Molly (Eve) – ’n besliste 10 – en glo dit of nie, sy is mal oor hom!  Ál wat tussen hom en geluk staan, is sy ver-skriklike swak selfbeeld . . .

Kirk se intelligensie laat hom tussen sy onvolwasse kollegas en vuilbekgesin uitstaan.

Hy is die verloorder wat weet hy kan beter vaar as hy net in homself kan glo en die mense om hom hom nie iets anders probeer wysmaak nie.

Die storie rafel teen die einde uit, maar Baruchel se geloofwaardige spel maak hierdie andersins middelmatige romkom die kyk werd.

Bonus: heelwat, onder meer kortflieks.