In die rolprent wat vir twee Oscars benoem is, ondersoek Sherlock Holmes (Downey jr.) en sy vriend dr. John Watson (Law) ’n reeks moorde wat oënskynlik met okkulterituele verbind word.

Dis 1891 en Blackwood (Strong), ’n terdoodveroordeelde moordenaar, sê vir Sherlock drie invloedryke mense gaan binnekort vermoor word.

Intussen daag Sherlock se verlore liefde, Irene Adler (McAdams), ’n beroepsdief, by hom op en vra homom’n vermiste man, Reordan, op te spoor.

Die ware raaisel begin dae later toe Reordan se lyk in Blackwood se kis opduik en ’n opsigter sê hy het Blackwoord gesien en hy is springlewendig...

Downey jr. en Law vaar goed as die beroemde tweestuks. Die aksietonele is dinamies en die liefdesverhaal tussen Sherlock en Irene word op ’n verfrissende manier vertel sonder enige soetsappigheid.

Dis die kyk werd–of jynou ’n aanhanger van Guy Ritchie se rolprente is of nie. Ek sien al klaar uit na die opvolg waarin Brad Pitt glo die rol van Sherlock se aartsvyand Moriarty gaan speel.

Aksie-misterie. Met Robert Downey jr., Jude Law, Rachel McAdams en Mark Strong. Regie: Guy Ritchie. 2009. 128 min. OB13.

Ons dink: 4/5