Ons dink: 4/5

2012

83 min

OT

Dokumentêr

Twee Suid-Afrikaners besluit om uit te vind wat van die 70’sfolksanger Rodriguez geword het. Toe hulle uitvind hy woon in armoede in Amerika, besluit hulle om hom terug te bring na Suid-Afrika, die enigste land waar sy musiek die erkenning gekry het wat dit verdien het. Dit is maklik om te sien hoekom dit vanjaar se dokumentêre treffer was: Dis ’n boeiende verhaal van ’n talentvolle man wat ondanks alles nie bitter word nie. Dit sal ’n knop in jou keel laat en jou liefde vir Rodriguez se musiek laat herontwaak.

– NICOLA WHITFIELD