Ons dink: 3/5

2011. 103 min. 13T.

Komediedrama.

Die teruggetrokke visserykenner dr. Fred Jones (Ewan McGregor) word uit sy eentonige bestaan geruk toe die verteenwoordiger (Emily Blunt) van ’n ryk sjeik (’n charismatiese Amr Waked) hom vra om die sjeik se droom te help verwesenlik om kunsvlieghengel in Jemen te vestig. Fred dink dis ’n dwase idee, maar stem noodgedwonge in toe die Britse premier se mediabeampte (’n snaakse Kristin Scott Thomas) van die projek te hore kom.

Die fliek is oulik, maar wat wil dit nou eintlik wees? ’n Bytende satire oor burokrasie, ’n onverskrokke beskouing van hoe huislikheid jou kan afstomp, ’n hartroerende verhaal oor hoe jy nooit moet moed opgee nie, of ’n pittige romantiese komedie?

Dit gryp jou nooit waarlik emosioneel aan nie, maar die karakters is aangename geselskap, die omgewing mooi en die romanse allesbehalwe die gewone resep.

- Sandra Visser

http://www.youtube.com/watch?v=CEUwCX2UjJA