Ons dink: 4/5

Avontuur. Met Russell Crowe, Cate Blanchett en

William Hurt. Regie: Ridley Scott.

2010.

140 min.

13G. 

Robin Hood sal nooit weer dieselfde wees nie! Die regisseur Ridley Scott se vertolking van die heldhaftige Britse voëlvryverklaarde verskil hemelsbreed van ander rolprentweergawes.

Dis eintlik ’n voorloperfliek wat wys hoe mnr. Hood die Middeleeuse volksheld geword het wat rykes beroof om armes kos te gee.

’n Engelse soldaat help in die 13de eeu sy koning om Frankryk te verslaan, maar word dan deur sy leier in die rug gesteek en tot misdadiger verklaar . . .

Russell Crowe se uitbeelding van ’n bitter Robin wat ’n knou weg het, is realisties en geloofwaardig en Cate Blanchett gee met inspirerende sensitiwiteit lewe aan Marion Loxley as ’n doelgerigte vrou wat haar tyd vooruit is.

Al bevat dit ook humor is dit ’n epiese rolprent op groot skaal.

Intense drama en bloedige gevegte wat teen die asemrowende agtergrond van ou Engeland afspeel, maak dit ’n lus vir die oog.

Die sterk storie sal jou vasgenael hou reg tot aan die einde.

Bonus: uitgesnyde tonele met kommentaar.