Ons dink: 3/5

Aksie-avontuur.

Met Jake Gyllenhaal, Gemma Arterton en Ben Kingsley.

Regie: Mike Newell.

2010. 111min.

10G. 

Dagstan (Gyllenhaal) was ’n hawelose weeskind tot die koning van Persië hom gered en as prins grootgemaak het. Nadat die koning se broer (Kingsley) die straatslim prins en sy broers oorreed om die heilige stad Alamut binne te val, bars die hel los.

Die prinse is salig onbewus daarvan dat hul oom eintlik ’n heilige dolk in die hande wil kry wat die tyd kan terugdraai.

Toe Dastan vals beskuldig word van die moord op sy pa, span hy teensinnig saam met prinses Tamina, die heerser van Alamut, om die dolk te beskerm.

Sal hulle daarin slaag?

Die rolprent is op die videospeletjie gegrond en bied hope humor en aksie. Die dialoog raak by tye stroperig en die einde

is voorspelbaar.

Maar daar is ’n kragtige vonk tussen Gyllenhaal en Arterton, en dis ’n lus vir die oog.

’n Lekker springmieliefliek vir die hele gesin.

Bonus: kortfliek.