Drama. 2010.

121 min.

Met Naomi Watts, Annette Bening, Samuel L. Jackson, Kerry Washington en Jimmy Smits.

Regie: Rodrigo García.

16SNT.

Ons dink: 4/5

Die fliek vertel die stories van ’n groep mense wie se paaie uiteindelik kruis.

Karen (Bening) het haar dogter Elizabeth (Watts) meer as 30 jaar gelede laat aanneem en dit raak haar steeds – sy is sosiaal wanaangepas, koud en pynlik eerlik.

Terwyl haar kollega Paco (Smits) haar wêreldjie deurmekaar krap, raak die dogter wat sy laat aanneem het – ’n prokureur met feitlik dieselfde persoonlikheid as haar ma – swanger by haar baas (Jackson).

Ons ontmoet ook vir Lucy (Washington), wat desperaat is om ma te word, maar nie kan nie . . .

Dis ’n eerlike, brutale kykie na moederskap en al die kwessies wat daarmee saamhang, en al kan die individuele stories elk op eie bene staan, word hulle teen die einde volmaak verweef.