Romantiese komedie.

Met Katherine Heigl, Josh Duhamel en Josh Lucas.

Regie: Greg Berlanti.

2010. 108 min.

13OT.

Ons dink: 2/5

Na hul gemeenskaplike vriende se dood bly Holly (Heigl) en Messer (Duhamel) met hul baba agter.

As hul peetdogter se voogde moet die oorspanne Holly en die rustige Messer vergeet hulle kan mekaar eintlik nie verdra nie en die eenjarige Sophie saam grootmaak, soos haar ouers dit wou hê.

Heigl en Duhamel het ’n lekker vonk en is ’n bekoorlike paartjie, maar dit kan nie vir die twyfelagtige storie en swak draaiboek vergoed nie.

Al is die tema iets nuuts, volg die fliek steeds slaafs die resep vir ’n romantiese komedie; daar is selfs ’n dolle jaagtog lughawe toe.

’n Paar oomblikke is regtig snaaks, veral dié met hul eienaardige bure, maar die rolprent steun te veel op bababollie-grappe en tonele met die onpaar paar.

Tog kry Holly en Messer jou aan hul kant, en aanhangers van romantiese komedies sal dit geniet.

Bonus: uitgesnyde tonele.