Aksie-avontuur.

Met Robert Downey jr., Mickey Rourke en Gwyneth Paltrow.

Regie: Jon Favreau.

2010. 120 min.

13OG.

Ons dink: 3/5

DIE storie word hervat nadat Tony Stark (Downey jr.) in die eerste fliek onthul het hy is Iron Man. Nou wil die Amerikaanse weermag sy tegnologie hê, maar hy weier in tipiese Stark-styl: “Ek het wêreldvrede suksesvol geprivatiseer. Wat wil julle nog hê!”

Toe James Rhodes (Don Cheadle) een van Tony se pantserpakke steel en ’n leër van afstandbeheerde vegmasjiene

losgelaat word, is die gort gaar . . .

Al kom die vegtonele nie naby dié in die eerste aflewering nie, is die skurk– Mickey Rourke in al sy skitterende gekheid as Ivan Vanko, ook bekend as Whiplash–baie vermaaklik.

Tony probeer steeds sy geliefde, Pepper Potts (Paltrow), beïndruk, wat lyk of sy eerder tuis agter die kospotte sal wil staan.

Teen die einde raak dinge ietwat voorspelbaar, maar Downey jr. se aweregse humorsin sal jou vasgenael hou.

Bonus: kommentaar.