Animasie.

Stemme: Jay Baruchel, Gerard Butler en Craig Ferguson.

Regie: Chris Sanders en Dean DeBlois.

2010. 93 min.

O.

Ons dink: 4/5

HICCUP (met Baruchel se stem) is ’n ongewilde, vaal Viking-seun wat op ’n afgeleë dorpie woon waar dit koel is om drake dood te maak. Dan moet hierdie ongeluksvoël teen drake leer baklei en een voor sy trotse pa, Stoick (Butler), doodmaak.

Dié is die dorpsleier en ook die beste draakvegter in die kontrei.

Maar Hiccup het heimlik met ’n gewonde draak vriende gemaak. Sal hy die draak doodmaak en eindelik die man word wat sy pa en al die ander wil hê hy moet wees, of sal hy aan sy nuwe beste vriend getrou bly?

Jonk en oud sal dol wees oor hierdie oulike fliek met sy niemand-word-iemand-storie.

Daar is hope aangename karakters en aksie en die drake se vliegtonele sal jou asem wegslaan. Dis loshande die beste DreamWorks-produksie nog!

Bonus: kommentaar, kortflieks