Ons dink: 3/5

2012

91 min

O

Animasiekomedie

Graaf Dracula (Adam Sandler se stem) bou ’n fort sodat hy sy vampierdogter, Mavis (Selena Gomez), teen mense kan beskerm. Dit dien sommer ook as ’n vyfsterhotel vir monsters. Hy vertel haar vreesaanjaende goed oor die buitewêreld, maar as ’n tiener smag Mavis na geselskap van haar eie ouderdom en wil sy die wêreld verken. Terwyl voorbereidings vir haar 118de verjaardagpartytjie getref word en die hotel wemel van weerwolwe, duiweltjies en mummies, daag die reisiger Jonathan (Andy Samberg) daar op. Dit kan Dracula se sorgvuldige planne lelik deurmekaarkrap.

 Dit bied die kyker lawwe pret met ’n spul vreemde maar dierbare monsters. Pleks van die gewone, seepgladde rekenaar- beelde herinner die animasie by tye aan klei en collage. Dié verhaal oor die innige verhouding tussen pa en dogter het boonop ’n relevante boodskap oor vooroordele.

– SANDRA VISSER