Ons dink: 3/5

Dramariller. Met Michael Caine, Jack O’Connell, Liam Cunningham en Emily Mortimer.

Regie: Daniel Barber. 2010.

98 min. 18STGD.

Harry (Caine), ’n bejaarde voormalige Britse vlootsoldaat, kry ’n oproep van die hospitaal – sy vrou wat in ’n koma is, is sterwend. Hy is te bang om kortpad te vat deur ’n duikweg waar ’n plaaslike bende uithang.

Teen die tyd dat hy by die hospitaal aankom, is sy al dood.

Toe sy beste vriend ’n week later in dieselfde duikweg doodgesteek word, besluit Harry hy het genoeg gehad.

Wraakgedagtes dryf hom om op ’n vindingryke manier verskeie handwapens in die hande te kry. Hy laat ’n spoor van dood en verwoesting agter in sy strewe om die strate te beveilig en die polisie vermoed kort voor lank ’n moordenaar is op vrye voet . . .

Dis geen sieldodende Chuck Norris-grufees dié nie, al is dit gewelddadig.

Dis meer soos Gran Torino of A History of Violence – as jy daarvan gehou het, sal jy ook hierdie wonderlike rolprent geniet met Caine op sy skitterende beste.