Komedie.

Met Adam Sandler, Chris Rock, Rob Schneider en David Spade.

Regie: Dennis Dugan.

2010. 99 min.

16TS.

Ons dink: 3/5

Vyf jeugvriende kom ná die dood van hul ou basketbalafrigter weer bymekaar en vertrek na New England vir sy begrafnis en ’n naweek in die ou huis langs die meer waar hulle altyd partytjie gehou het.

Maar hoe het dinge nie verander nie!

Lenny (Sandler), die voorbok, is nou ’n ryk Hollywood-agent met ’n beeldskone modeontwerper (Salma Hayek) as vrou. Hul twee seuns is versot op tegnologie en so bederf dat hulle die oppasser SMS om kos en drinkgoed te bestel.

Die eens superfiks Eric (Kevin James) is nou oorgewig en sy vrou borsvoed nog sy vierjarige seun. Kurt (Rock) is ’n tuisblypa met ’n skoonma uit die hel en Marcus (Spade) ’n vrygesel en rokjagter.

En Rob (Schneider) het ’n voorliefde vir ouer vroue en holistiese geneeskunde.

Van die tonele is effe stroperig, maar elke karakter kry kans om uit te blink en in die geheel is dit ’n snaakse, aangename fliek. Bonus: blapse.