Komedie.

2010. 99 min.

Met Drew Barrymore, Justin Long en Christina Applegate.

Regie: Nanette Burstein.

16TS.

Ons dink: 3/5

Vir enige paartjie wat dit al oorweeg het om ’n langafstandverhouding aan te knoop of klaar een het, is dit verpligte kykstof.

Al die vrae wat dikwels in sulke verhoudings opduik, sal in jou kop begin rondmaal – en hulle begin gewoonlik met “Sê nou . . .’’.

Die fliek gaan oor Erin (Barrymore) en Garrett (Long) wat mekaar ontmoet en ’n wonderlike ses weke saam in New York deurbring.

Maar hulle is pynlik bewus daarvan dat sy sal moet terugtrek San Francisco toe.

Ná ses weke is hul wittebroodfase verby en kan hulle nie anders as om ernstig te word nie. Dan kom die eintlike vraag: Wat nou?

Dis ’n tipiese romantiese komedie met humor en trane, en Drew Barrymore is ’n plesier om na te kyk. Dit gaan nie jou lewe verander nie, maar dis pret om ’n interessante liefdesreis saam met herkenbare karakters te onderneem.

Ideaal vir ’n luilekker Sondagmiddag.