Komedie.

Met Jonah Hill, Russell Brand en Sean Combs.

Regie: Nicholas Stoller.

2010. 105 min.

16TSN.

Ons dink: 3/5

As jy Forgetting Sarah Marshall gesien het, sal jyRussell Brand se karakter onthou – ’n ydel, windmakerige Engelse rock-ster genaamd Aldous Snow.

Destyds het hy sy verslawing aan dwelms, drank en seks oorkom, maar in die fliek, waarin sy karakter terugkeer, val hy van die waterkar af.

Aaron Green (Hill) se baas (Combs) by ’n platemaatskappy sê hom aan om Aldous in Londen te gaan haal, New York toe te neem vir ’n TV-verskyning en dan Los Angeles toe vir ’n vertoning by die Greek Theater – alles binne drie dae.

Aaron het kort voor lank sy hande vol om Aldous sover te kry om hom te gedra.

Dan beland hulle in Vegas . . .

Dié baie snaakse en stoute komedie het ’n goeie skeut seks, dwelms en rock en ’n koel klankbaan, en op die ou end gee jy ook vir Aldous en Aaron om. En Sean Combs is skreeusnaaks!

Bonus: heelwat, onder meer kommentaar en kortflieks.