Komedie.

Met Jason Bateman, Mila Kunis en Ben Affleck.

Regie: Mike Judge.

2009. 88 min.

16TD.

Ons dink: 3/5

Joel (Bateman) lei ’n heel veilige lewe. Hy besit ’n kos-ekstrakfabriek, woon in ’n mooi huis en het ’n aantreklike maar voorspelbare vrou.

Dan dreig ’n reeks gebeurtenisse om die lewe soos hy dit ken omver te werp.

Eers word ’n werknemer in ’n ongeluk beseer, wat sy onderneming se voortbestaan bedreig. Dan kom sy vriend Dean (Affleck) dwelmbeneweld met ’n plan vorendag om Joel se vrou se getrouheid te toets.

Intussen konkel ’n beeldskone swendelaar (Kunis) haar pad tot in die fabriek oop, vasbeslote om die onderneming leeg te melk . . .

Bateman is goed as Joel wat hom by ’n kruispad bevind. En Affleck, kompleet met ’n Bybelse baard en golwende hare, is snaaks as die bedwelmde Dean.

Daar is ’n paar skaterlagoomblikke en die storie vorder vinnig. Gelukkig is die fliek nie te lank nie – dis vergeetlik maar tog vermaaklik en daarom ideale kykstof vir die vakansie.