Romantiese drama.

Met Julia Roberts, James Franco, Billy Crudup en Javier Bardem.

Regisseur: Ryan Murphy.

2010. 133 min.

13OT.

Ons dink: 2/5

In Eat Pray Love is Julia Roberts ’n skrywer wat moeg is vir die lewe en ’n reis na drie verskillende lande onderneem en interessante mense daar ontmoet.

Die fliek – en die boek waarop dit gegrond is – het die vermoë om ’n mens onrealistiese drome te laat koester: Is dit nie tyd dat ek ook die pad – of die vliegtuig – vat en myself gaan soek, en pizza op pizza eet nie?

Maar dan kom ’n mens gewoonlik hard terug aarde toe – jy het nie genoeg geld nie en ook nie maande lange verlof nie.

Daarom moet die meeste mense eintlik Eat Pray Love as ’n algehele fantasie beskou, al is dit op ’n ware verhaal gegrond.

Dis mooi om na te kyk, maar soos baie Hollywood-flieks ver verwyder van ons daaglikse lewe, en kan daarom nie werklik ’n impak maak nie.

Maar dis ideaal vir stinkryk huisvroue wat moeg is vir hul mans.

Bonus: regisseur se weergawe, kortflieks.