Ons dink: 3/5

2012

92 min

18TGDV

Wetenskapsfiksie

In ’n toekomsstad tree die polisie as die regter en laksman op. Hier word die superpolisieman Judge Dredd (Karl Urban) en die heldersiende groentjie Anderson (Olivia Thirlby) vasgekeer in ’n gebou wat ’n dwelmbaas (Lena Headey) beheer en wat ’n prys op hul kop plaas.

Dié prent bring die anti-held Dredd terug na sy hardgebakte strokiesboekwortels en laat jou vergeet van die flou 1995-weergawe. Dié goedkoop fliek speel amper net in een gebou af, maar dit verhoog die spanning. Die kontras tussen Urban se gelate Dredd en Thirlby se sensitiewe Anderson werk goed, maar kreatiewer aksietonele sou gaaf gewees het.

– SANDRA VISSER