Animasie.

Met Jim Carrey, Gary Oldman, Bob Hoskins en Robin Wright Penn.

Regie: Robert Zemeckis.

2009.

91 min. A.

Ons dink: 3/5

In hierdie nogal donker hervertelling van Charles Dickens se klassieke verhaal ontmoet ons die duiwelse, mistroostige en gierige Ebenezer Scrooge (Carrey). Hy haat Kersfees en die lewe in die algemeen.

Op Oukersaand besoek die spook van sy voormalige sakevennoot hom en waarsku hom ’n verskriklike lot sal hom tref as hy nie ophou om so harteloos en hebsugtig te wees nie.

Daardie aand neem die geeste van Kersfeeste van die verlede, hede en toekoms Scrooge op ’n reis deur sy hele lewe op so ’n manier dat hy graag wil verander . . .

Die rolprent is skouspelagtig. Nes flieks soos Avatar, The Polar Express en Beowulf is dit met bewegingsvaslegging gemaak – ’n tegniek waardeur die akteurs met hul bewegings die animasie­beelde beheer.

Dis kleurryk, kragtig en teatraal en al is dit met sy ­donker tema geen vreugdevolle Kersfliek nie, is dit nogtans ’n fees.

Bonus: kortflieks, uitgesnyde tonele.