Komedie.

Met Chris Rock, Martin Lawrence en Zoe Saldana.

Regie: Neil LaBute.

2010.

89 min. 13T.

Ons dink: 3/5

Aaron (Rock) is ’n belastingrekeningkundige en aspirantskrywer wat voorbereidings tref vir sy pa se begrafnis, te midde van die chaos wat sy eksentrieke familie saai.

Sy jonger broer, Ryan (Lawrence), ’n romanskrywer, daag uit New York op, maar verroer geen vinger om te help nie.

En sy vrou wil net so gou moontlik uit haar skoonma se huis trek en met ’n gesin begin. Intussen drink Aaron se niggie Elaine (Saldana) se senuagtige kêrel per ongeluk ’n hallisuneermideel, en ’n ongenooide gas pers die broers af met

’n plofbare gesinsgeheim . . .

Dié weergawe van die Britse rolprent van 2007 sal jou laat skater.

James Marsden steel die kollig as die man wat die kluts kwyt raak.

Al is daar gapings in die storie, is dit pret en die akteurs is iets vir die oog.

Bonus: kommentaar, kortfliek, uitgesnyde en verlengde tonele.