Drama.

Met Zac Efron, Charlie Tahan en Amanda Crew.

Regie: Burr Steers.

2010.

95 min. 13OT.

Ons dink: 3/5

Charlie St Cloud (Efron) is op pad universiteit toe met ’n seilvaartbeurs toe sy jonger broer, Sam (Tahan), in ’n motorongeluk sterf; boonop was dit sy skuld.

Vyf jaar later het almal behalwe Charlie aanbeweeg.

Hy is toe nooit universiteit toe nie en werk as opsigter by ’n begraafplaas. Elke dag teen sononder speel hy saam met Sam in die woud met ’n bal, soos hy hom voor sy dood beloof het.

Dan keer sy destydse seilvaartteenstander Tess (Crew) na die dorp terug om haar vir ’n alleenvaart om die wêreld voor te berei.

Charlie is verskeur tussen sy liefde vir sy broer en sy nuutgevonde vriendskap met Tess.

Die rolprent draal en die storie is voorspelbaar, maar Efron wys hy het die High School Musical-reeks ontgroei. Dis ’n moet as jy hom sonder hemp wil sien. Tog kom die fliek nie naby Ghost of The Sixth Sense nie.

Bonus: hope, onder meer kortflieks en kommentaar.