Ons dink: 3/5

2012.

98 min. 16TSDV. Drama.

Die fliek is gegrond op Another Bull***t Night in Suck City, die ware verhaal van die Amerikaanse drama-

turg en digter Nick Flynn (Paul Dano) se jeugjare.

Ses maande na´ sy geboorte vat sy ma, Jody (Julianne Moore), die pad met haar twee kinders om weg te kom van haar dronklap-man, Jonathan (Robert de Niro).

Nick sien nie weer sy pa nie, tot die´ op ’n dag instrompel by die skuiling vir haweloses waar hy werk. Die fliek begin hier met terugflitse na Nick se lewe saam met sy ma, wat intussen selfmoord gepleeg het.

Al klink dit somber, is dit nie. – ’n pa wat homself as die beste skry- wer in Amerika beskou en ’n seun wat nie soos sy pa wil wees nie, maar goed daarheen op pad is.

Jy sal Dano dalk onthou as Dwayne in Little Miss Sunshine en as ’n identiese tweeling in There Will Be Blood. Hy is vir sy spel in laasgenoemde vir ’n Bafta benoem as beste byspeler.

- Elna van der Merwe