Komedie.

Met Steven Kaplan, William H. Macy, Cheryl Hines en Alia Shawkat.

Regie: Brian Hecker.

2009. 80 min.

13TS.

Ons dink: 3/5

Maande voor die matriekafskeid krap die vaal tiener Danny (Kaplan) al kop oor wie hy gaan saamvra – veral toe hy hoor die skool se grootste bleeksiel, Bart, het klaar ’n metgesel gekry én ’n hotelkamer bespreek.

Danny se lewenslange vriendin Camille (Shawkat) vra hom om haar metgesel te wees, maar hy het ’n rasieleier in die oog.

Intussen probeer sy pas geskeide ouers, Ernie (Macy) en Beth (Hines), hul liefdeslewe hervat – Beth met meer sukses as die gomtor Ernie.

Skielik is dit ’n paar uur voor die matriekafskeid en Danny het steeds geen metgesel nie . . .

Al is die storie so oud soos Hollywood se heuwels, vermaak die fliek tog deurgaans.

Die draaiboek is oorspronklik en Kaplan se tienerangs oortuigend. Die skeeusnaakse Macy en sy bisarre haarstyl maak dit klaar die kyk werd.

Anders as baie tienerkomedies bevat dit geen toilethumor en vulgariteit nie; daarom is dit ’n prettige gesinsfliek. Geniet dit!