Ons dink: 4/5 

2011

90 min

OG

Gesinsanimasie

Tydens die 1910-vloed in Parys beland ’n vlooi in ’n laboratorium-proefneming en word monsteragtig groot. Hy het die stadsbewoners skoon op hol. ’n Ambisieuse polisiehoof wil hom vang, maar loop hom vas teen uiteenlopende karakters wat by was toe die skadelose monster – toevallig ook ’n begaafde musikant – gebore is.

Onder hulle tel Emile die projektoroperateur, sy kollega Maud, Raoul die uitvinder, Lucille die kabaretsangeres (met Vanessa Paradis se stem) en Charles die neusaap. Dié anderste, intelligente fliek met verfynde 3D-animasie is geregisseer deur Bibo Bergeron (van Shark Tale). Die detail is asemrowend en laat reg geskied aan die pragtig getekende karakters en die ryk maar dralende storie. Met hope musiek, humor en deernis is dit ’n fliek waarna jy jou kinders met ’n geruste hart kan laat kyk. Jy sal dit ook geniet.

– RONEL SCHEFFER