Ons dink: 3/5

Wetenskapsfiksie.

Met Karl Urban, Lena Heady en Olivia Thirlby.

Regisseur: Pete Travis.

16TGD.

Begin op 28 September.

. In dié wetenskapsfiksiefantasie, wat in ’n mate vervolg op Sylvester Stallone se Judge Dredd (1995), word die booswigte met psigedeliese koeëls omgeklits wat hulle so netjies tref, hulle bloei nie eens nie.

In die toekoms is daar so baie mense dat ’n megastad geskep word wat elke stukkie oop ruimte in Amerika in beslag neem. Die polisie het al moed opgegee. Regters neem oor en los sake flink op deur die boosdoeners met ’n enkele koeël te straf.

Dis opwindend vir Suid-Afrikaners dat die Kaap en Johannesburg gebruik is vir die megastad. ’n Mens herken die plekke waar die aksietonele verfilm is. Die regisseur, Pete Travis, moes net mooi mik om Tafelberg mis te skiet . . .

Die fliek is supersonies vermaaklik as jy verslaaf is aan videospeletjies. Die spesiale effekte is uit die boonste rakke en die rekenaargeskepte superstad ongelooflik. Gaan kyk dit in 3D en trek jolig, soos ’n verskietende ster, deur die teater!

- Leon van Nierop

http://www.youtube.com/watch?v=JqqgrUna28w