GAAN SO TE WERK

Die rooi leidraad is die een waarmee jy besig is.

Klik op die leidraad wat jy wil beantwoord en die eerste blokkie van die antwoord sal dadelik geel word.
Klik op die blokkie waar jy ’n letter wil invul en tik die letter.
As jy vasbrand, kan jy op Wys letter klik om nog letters te sien, of op Wys woord om sommer die hele woord te sien. Maak seker sal aandui of jy ’n verkeerde letter ingetik het. 
Potlood maak die letters wat jy invul rooi en is ’n funksie wat jy kan gebruik as jy nie heeltemal seker van jou saak is nie en eers wil kyk of dit werk.
Wys alles wys die voltooide blokraai. Bêre is die Afrikaans vir Save.
Begin weer vee jou hele poging uit sodat jy van voor af kan begin.
As jy die blokraai wil uitdruk en met die hand wil invul, kan jy op PDF regs onder klik.

DOEN JY DIE BLOKRAAI OP JOU SELFOON?

Afhangende van jou skermgrootte sal die blokraai dalk beter werk as jy jou selfoon dwars draai. So nie, sal jy moontlik jou skerm van regs na links moet vee om die hele blokraai te sien.
As jy ’n iPhone het, kan jy nie altyd vee nie en moet jy moontlik jou foon dwars draai om langer blokraaie te kan doen.

SES BLOKRAAIE PER WEEK!

Huisgenoot plaas elke weekdag ’n kort interaktiewe blokraai soos die een hierbo, en op Saterdae kan jy jou skoene uitskop en ’n koppie tee nader trek vir ’n langer pyltjie-blokraaisel. Links onder die rooster is ’n tydhouer wat sal aandui hoe lank dit jou kos om die blokraai te voltooi. Laat weet ons gerus op Facebook hoe vinnig jy dit ingevul het, en probeer om elke dag jou tyd te verbeter!

Blokraai-illustrasie: Elmarie Meyer