SATERDAG

JOU DAG

Vanaand se nuwemaan wys dat dit tyd is om ’n nuwe blaadjie om te slaan en opnuut te begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die toekoms ingestel en bereid om te wag op sukses. Oktober en November is die beste maande om verlief te raak, die jawoord te vra of jou huweliksbeloftes te hernieu.

SONDAG

JOU DAG

Die Tweeling-maan is voordelig vir kommunikasie en gesprekvoering, persoonlik sowel as aanlyn.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is energiek en skerpsinnig, maar jy sal moet leer om af te skaal en te ontspan, anders gaan jy lei aan senuspanning. Oktober en November is gelukkige maande wat die liefde betref.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy skep behae in jou onafhanklikheid en vryheid, maar moenie ’n afgesonderde Ram wees nie. Die nuwemaan moedig jou aan om vars, nuwe maniere te kry om met ander mense kontak te maak, in jou plaaslike gemeenskap sowel as in die kuberruim.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die nuwemaan plaas jou geldsone in die kollig; dus moet jy ’n bestekopname maak van jou geldsake en vindingryke maniere bedink om jou kontantvloei te verbeter. Wees geduldig wat ’n gesamentlike vennootskap betref.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met die nuwemaan in die Tweeling-teken is dit die beste tyd van die jaar om jou voorkoms te verfris, jou klerekas op datum te bring, jou persoonlike standpunte te hersien, ’n webtuiste te skep of om ’n wankelrige verhouding reg te ruk.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy wil graag terugkruip in jou gemaklike Kreefskuiling terwyl die nuwemaan deur jou bepeinsing-sone beweeg. Geniet dus alleen-aktiwiteite soos joga, meditasie, lees, dagboek skryf of na musiek luister.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus praat graag oor grootse doelwitte en skouspelagtige planne. Die tyd is geleë om die daad by die woord te voeg terwyl jy daardie planne omskep in produktiewe optrede. Moenie net daaroor droom nie; gaan uit en gryp geleenthede aan.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Maagde is slim en vol vermoëns, maar is jy selfversekerd genoeg vir grootskaalse sukses? Die nuwemaan is besig om jou beroepsone te laai en jy gaan nie ’n voorsprong kry as jy tyd mors deur jou te bekommer oor nietighede nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die nuwemaan aktiveer jou reissone; dus is ’n onvergeetlike vakansie die een of ander tyd in die volgende 12 maande hoogs waarskynlik. Kyk ook met erns na jou toekomsdrome; is hulle ambisieus genoeg?

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wellus en gierigheid steek kop uit terwyl jy werk deur sake wat verband hou met intimiteit of gesamentlike geldsake. Wat ’n persoonlike finansiële probleem betref, spoor Saturnus jou aan om ’n langtermynoplossing te kry.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Verbonde Boogskutters, die nuwemaan stimuleer jul verhoudingsone; dus is die tyd geleë om ’n bietjie vuur te maak onder ’n toenemend stagnerende verhouding. Enkellopendes, die liefde en vreemde lande of kulture hou met mekaar verband.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie so op die toekoms toegespits raak dat jy die hede miskyk nie. Enkellopende Steenbokke, die sterre is gerig op die potensiaal vir ’n langtermynverhouding met iemand met ’’n goeie opvoeding en baie reiservaring.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb

Gryp die dag aan, Waterdraer! Dis die perfekte tyd om brûe te bou met ’n kind of tiener, ’n nuwe vriendskap aan te knoop, te begin met ’n uitdagende sportsoort of ’n stokperdjie wat jou nog altyd geïnteresseer het.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Venus en die nuwemaan beklemtoon jou huislike sone; dus is dit ’n uitstekende tyd om familie en vriende te trakteer op ’n geïmproviseerde Visse-maaltyd. Vrolike geselskap sal ’n bonus wees.