drukkie
’n Reddit-gebruiker het ’n foto gedeel waarin twee mense mekaar druk en sal jou laat kop krap. Dit is die twee se bene wat mense laat wonder – wie s’n is nou wie s’n?
View post on imgur.com

Word die man opgelig? Gee hulle mekaar op ’n vreemde manier ’n drukkie? Of is dit hulle voete?

Lees ook: ‘Vrugte-algebra’ laat internetgebruikers omtrent kopkrap

Die vrou in die foto sit haar arms om die man se middel, maar sodra jy na die voete kyk raak jy onseker oor wie se voete by wie se bolyf pas.

Die foto het groot reaksie ontlok. “Ek hou nie hiervan nie . . . dit mors te veel met my,” het een gebruiker laat hoor.

“Dit is verstommend hoe ek die foto nou kan verstaan, maar as ek net te vinnig kyk sukkel my brein om dit te begryp,” het ’n ander laat hoor.

Lees ook: Daar skort iets met hierdie foto – kan jy dit uitpluis?

Een van die gebruikers het die raaisel sommer gou opgelos en die man se broek is te blameer hiervoor.

Sy broek is eintlik twee kleure en dit smelt so te sê perfek met die vrou se broek en laat dit lyk asof die wit gedeelte van sy broek eintlik haar broek is.

Jy’s welkom – jy kan nou ontspan.

Bronne: thesun.co.uk, news.com.au, mirror.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com:

Dié webwerf kan glo voorspel wanneer jy doodgaan – wil jy weet?

O koek! Die ‘reëndruppelkoek’ met sy byna geen kilojoules neem die internet op horings

Kyk net hoe het Kaapstad en Johannesburg oor die jare verander

Dié speletjie gaan jou behoorlik lús maak om te braai!

Dit is hoe jy alles wat jy nog ooit op Facebook gedeel het, kan sien