Hierdie raaisel sal jou brein lekker deurmekaarkrap: Kan jy sien watter kleure in die spirale is?

[caption id="attachment_126646" align="alignnone" width="600"]xx Watter kleur is die spirale in hierdie illusie? Twee skakerings van blou of groen? Foto: Buzzhunt/Akiyoshi Kitaoka[/caption]

As jou kop nie draai van verwarring nie, is jy dalk op die regte spoor.

Die sielkundeprofessor Akiyoshi Kitaoka van Japan, wat in visuele persepsie spesialiseer, het die breinknoper geskep om te wys hoe jou brein kleur verwerk.

Maar die optiese illusie wat op die oog af groen, blou en pienk warrels wys, is nie wat jy dink jy sien nie.

Lees ook: Daar skort iets met hierdie foto – kan jy dit uitpluis?

Die regte antwoord op die raaisel is net een kleur.

Glo jy dit nie? Probeer inzoem.

illusie3

Volgens MailOnline word ons brein mislei om te dink die spirale is verskillende kleure as gevolg van die Munker- of White-illusie.

Eenvoudig gestel: Ons verwerk kleure op grond van wat daarnaas is. Die kontras van die kleure maak dit vir ons brein moeilik om elke kleur afsonderlik te sien.

Dit beteken pleks van om die spirale in die illusie as dieselfde kleurskakering te sien, lei ons oë ons om die bos om te dink dit is verskillend. Dit is die rede waarom die spirale skynbaar blou en groen wys as dit in werklikheid alles dieselfde kleur is -- groen.

Om presies te wees, hierdie groen:

illusie2

As dit jou nie laat kopkrap nie, sal niks dit doen nie.

Bronne: MailOnline, TheSun

Lees ook op Huisgenoot.com:

Nóg ’n terugslag tref Bill Cosby tydens sy seksverhoor

5 van die koelste eksperimente wat tans op die Internasionale Ruimtestasie uitgevoer word

Kamera, ligte en aksie! Ons HG-fliek is in wording

Skoknuus in ondersoek na gedoemde EgyptAir-vlug bekend gemaak

O koek! Die ‘reëndruppelkoek’ met sy byna geen kilojoules neem die internet op horings