Die Oorlog Kom Huis Toe deur Albert Grundlingh en Bill Nasson kyk na die rol wat vroue in die Anglo-Boereoorlog gespeel het. Anders as gewoonlik word vroue nie as slagoffers uitgebeeld nie.

Die skrywers kyk spesifiek na die krag van die Boerevroue en hoe hulle planne beraam het om besig te bly en hul kinders gesond te hou in die kampe. Onderwerpe soos die verhoudings tussen die Boerevroue en die kampdokters, sowel as die toestand van die kampe vir swartmense en die onderlinge samewerking tussen die vroue, word aangeraak.

Die foto's is veral vir my treffend. Dit skep ’n prentjie van die daaglikse lewe in die kampe wat min gesien word, soos hoe teetyd behartig is en hoe die kinders gespeel het ondanks die feit dat hulle in aanhouding was.

-- Dalena Theron

Die Oorlog Kom Huis Toe

Uitgegee deur Tafelberg, R350 by kalahari.com