Die nuwe gier het verlede week in die noorde van die land posgevat en foto’s is vinnig aanlyn versprei.

Die hoede met honderde lewende bye daarop, word op die landboukarnaval in die Jangcheng-distrik in die Shanxi-provinsie vertoon.

Die nuwe gier het talle toeriste aan die gons. Foto: Magazine Features

Die skeppers daarvan is verstom oor die reaksie en gee die versekering die hoede is “honderd persent veilig” en die zoemende insekte sal nooit ’n mens steek tensy hulle voel hul lewe is “in gevaar” nie. 

Die bye word na die hoede gelok deur dit in heuningwater te doop en ’n koninginby op elke hoed te plaas.  

Die skeppings sal gedra word vir die duur van die drie maande lange karnaval wat in Oktober eindig.