A photo posted by Instagram (@instagram) on

Daar heers onenigheid oor hoeveel meisies in dié Instagram-inskywing, wat deur die Switserse fotograaf Tiziana Vergari gedeel is, is.

“Dieselfde, maar anders,” is die titel van die foto wat op die fotograaf se blad verskyn.

Die foto wat die internet dronkslaan is ook op Instagram se amptelike blad gedeel en hier het mense al meer as 900 000 keer daarvan gehou.

“Daar is vier meisies. Twee meisies is linkshandig en hulle dra nie armbande nie. Die ander twee meisies is regshandig en dra armband aan hul regterhand,” het een Instagram-gebruiker kommentaar gelewer.

Lees ook: Het jy ’n fotografiese geheue? Net een persent van mense kan dié raaisel oplos!

Dit klink maklik genoeg?

Wel, nie juis nie. Die fotograaf het net twee dogters . . .

Soos wat jy jou kan indink, het ’n hele paar kreatiewe teorieë hieroor na vore gekom.

“Twee meisies,” het ’n ander gebruikers gesê. “Die res is die effek van die spiel se refleksie.”

’n Ander gebruiker, bekend as Srishti, stem hiermee saam, maar delf heelwat dieper in dié teorie.

“Die derde meisie reflekteer nie, so, daar is beslis nie drie nie! Die vierde meisie lyk nie of sy na aan die muur is nie, maar die refleksie is. So, hulle is beslis twee.”

Wat dink jy? Hoeveel meisies is in dié foto?

Ander stories op Huisgenoot.com

Graad 11’s! Hier’s waarom julle vanjaar net so ernstig soos jul matriekjaar moet opneem

Hierdie gewilde video van ’n man wat tamaties agteruit sny, is vreemd strelend

Van Mej. Reëndruppel na Mej. SA: Ons gesels met Ntandoyenkosi Kunene, haar ouers

Kyk: Dale Steyn deel stout selfie!