Testosteroonbelaaide rugbyspelers, bleeksiele in Spiderman-pakkies en van die land se bekendste sangers almal saam in een prent – dit is van die flieks waarmee Afrikaanse vervaardigers vanjaar die golf van ons florerende fliekmark wil ry.

Verlede jaar het die fliekbedryf skoon uit sy nate gebars, met rolprente soos Liefling, Stoute Boudjies, Jakhalsdans, Bakgat 2, Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom en Susanna van Biljon wat fliekgangers na die loket laat stroom het.

Liefling, die musiekblyspel met Bobby van Jaarsveld in die hoofrol, draai al van middel November af en het binne ’n maand R9 miljoen ingebring – ’n rekord vir ’n Afrikaanse fliek. En met R5,2 miljoen het die tweede Bakgat-fliek dubbeld soveel geld verdien as sy voorganger van twee jaar tevore.

Vanjaar gaan dit net nog vroliker. Hier is van die opwindende nuwe prente waarna fliekvlooie kan uitsien.

Vind uit na watter Afrikaanse fliek jy kan uitsien in 2011 in die Huisgenoot van 6 Januarie 2010