Vier boesemvriende, Nandi, Princess, Zaza en Tumi, leef in ’n Johannesburgse voorstad die soort lewe wat ’n mens jaloers maak. Hulle is suksesvol en o-so-glansryk.

Teken in op Huisgenoot

Nandi maak gereed vir haar spogtroue; Zaza is besig met ’n vuurwarm affair; Tumi se droom om ’n kind te hê is besig om waar te word, en Princess het halsoorkop verlief geraak.

Maar hul lewe word in ’n krisis gedompel toe sake vir elkeen skeefloop. Hulle het mekaar nog, maar hul probleme lyk byna onoorkomelik.

Die roman, wat op die kortlys van die Statebond-skrywersprys 2011 (Afrika-streek) was, beweeg vinnig en laat ’n mens soms kliphard lag, maar ook snesies nader trek.

Teen die einde voel jy soos die vyfde vriendin van dié lawwe groepie.

Dis ’n goeie verjaardagpresent vir jou vriendin en sal beslis die tonge los kry by jul volgende boekklubpartytjie.

Happiness Is A Four-letter Word deur Cynthia Jele

Kwela, R185

Ons dink: 3/5