Ons dink: 3/5

Dis Zita soos jy haar nog nooit gehoor het nie. Sy verras met ligte kontemporêre popmusiek en jy hoor vir die eerste keer sedert sy met Rudi Claase saamgewerk het, hoe veelsydig sy is. Een van die vier Engelse liedjies, Next Time You Fall in Love, ’n duet met Dihan Slabbert, is werklik ’n verfrissende goedvoelliedjie. Die album sal dalk nie in almal se smaak val nie, maar Skakerings van Dagbreek is vir seker ’n goeie wegspringplek vir Zita as ’n solo-kunstenaar.

Luister maar met hoeveel deernis sy On That Christmas Day sing. En eindelik het iemand die holruggeryde You Raise Me Up mooi afgestof in Afrikaans: Jy Tel My Op is mooi verby.