Ons dink: 4/5

Hier is ’n man wat jou skoon opgewonde sing. Selfs al is jy nie ’n getroue aanhanger nie, sal jy waardering vir musiek soos syne kry – veral as jy luister na liedjies soos Eens in ’n Leeftyd, die duet met Riana Nel. Daarby sal My Berg Sion, vir sy knapie, Sion, jou hartsnare roer.

Bobby volg sy resep van ouds. Dit werk en hy raak eintlik ál beter. Die album bied ’n paar stewige snitte uit die pen van liedjieskrywers soos Johan Vorster, Riana Nel, Ewald Coleske en Bobby self. Hy is nou volwasse en die liedjies op dié album is ’n bewys daarvan. En min ander kunstenaars se ballades en liedjies met ’n vinnige tempo val so goed op die oor. My gunsteling is ’n Vrou Wil Dit Hoor, en ja, dié vrou wil dit hoor. Bobby weet hoe om die ore te bekoor.

– Haidee Muller

Op soek na ‘n beter prys? KLIK op die mier.