Ons dink: 4/5

Dié Potchefstroomse groep was ’n ruk uitmekaar, maar nou het hulle weer ’n album opgeneem. Hulle is Hein Kruger, Bennie de Jager, Ruan Kruger en Bouwer Bosch. Konings met Verskonings is hul eerste CD ná hul skeiding in 2010 toe elkeen aan soloprojekte begin werk het. Dis ook die eerste keer dat Bouwer ander liedjieskrywers se hulp inroep. So het Deon Meiring, Nicoléne Geeringh, Louis Janse van Rensburg en Arno de Beer help skryf. Die musiek is hard, baie hard, maar melodies en soms werklik saamsing-mooi.

Tog voel Bouwer se stem te geforseerd op liedjies soos Tweedehandse Engele en Petrus, maar nommers soos Fluister Fluister, Trane en Voete van Klei wen gou weer jou vertroue. Dis hul eerlikste album nog en ’n moet-hê vir alle kopskud-aanhangers.

– Elisma Roets

Op soek na ‘n beter prys? KLIK op die mier.