Ons dink: 3/5

Rooies se nuwe CD spog met van rock- tot kontreiklanke en sal jou voete laat jeuk. Die titelsnit is ideaal as die atmosfeer om die braaivleisvuur begin taan en Lolliepop sal die manne aan die sing kry. Rustiger liedjies sluit in Anna van Wyk en Swerwer, wat herinner aan Smokie se Mexican Girl.

Die lirieke van die komiese liedjies, soos Moenie in Jou Neus Grou Nie, is flouerig, maar die CD sluit op ’n vrolike noot af met Ek Sê vir Jou. Andre Stander (banjo) en Derick Lennox (mondfluitjie en kitaar) se bydraes staan uit. Die CD is ideaal vir ’n fees, braai of die langpad.

– MARIANA LOOTS

Op soek na ‘n beter prys? KLIK op die mier.